Lumana Oord is geleë langs die oewers van die Vaal Rivier in die Noord Wes provinsie, sowat 27km buite Leeudoringstad met slegs 1km grondpad tot by Oord se afdraai.
Kom ontspan saam met die hele familie in die stil plaas atmosfeer. Die oord bied talle verblyf opsies en aktiwiteite vir die lewenslustiges… of sit terug, ontspan en luister na die roep van die visarend.
Pragtige skadubome en grasperke strek tot teen die rivierbank wat sorg vir heerlike visvang plek en speelplek vir jonk en oud.